top of page

Biografie

Jaco van Wyk is gebore op 30 Maart 1982. Hy het groot geword in ‘n klein dorpie met die naam Hartbeespoort.
Deur die jare het hy by familie byeenkomste, vriende en laerskool konserte opgetree. In 2006 het hy besluit om ten volle sy passie vir musiek aan te vat en uit te leef. Hy het tot op hede by verskeie restaurante, kroeë en groot musiek feeste opgetree.
Met Jaco se veelsydige musikale talente kan hy verskeie instrumente gebruik in die skryf en opname proses. Dit eindig egter nie daar vir Jaco nie, hy het 'n sterk verhoog persoonlikheid en ‘n talent om mense te vermaak.
Jaco is huidiglik besig met sy eerste studio album met Producer Wes Meyer. Die album sal teen middel 2012 beskikbaar wees.
Jaco het ‘n unieke musiek styl en bring ‘n nuwe gevoel aan Afrikaanse musiek.

  • Wix Facebook page
bottom of page